Aktiwiteite

Groblersdal is 'n boeregemeenskap 32 km vanaf Loskopdam in Limpopo. Groblersdal is Suid-Afrika se grootste besproeiingsnedersetting met belangrike landbouprodukte soos katoen, tabak, sitrusvrugte, tafeldruiwe, mielies, koring, groente, sonneblomsaad, lusern en perskes.

Klimaat:

Die gebied het 'n tipiese Bosveldplantegroei met warm somers(min 18 C - maks 28 C) en gematigde winters (min 9 C - maks 22 C). Dit is 'n somereënvalstreek en die gebied is Malaria-vry.

Bankgeriewe:

ABSA, FNB, Standard Bank and Nedbank het takke in die dorp.

Naby gele Stede/ Dorpe:

Stad/ Dorp Afstand
Marble Hall 24 km
Loskop Dam 30 km
Stoffberg 50 km
Middelburg 80 km
Witbank 150 km
Bronkhorstspruit 100 km
Pretoria 160 km
Johannesburg 175 km
Pieterburg (Polokwane) 180 km

Ontspaningsaktiwiteite wat in die omgewing aangebied word:

Binne 5 km omtrek Binne 25 km omtrek
Gholf 4 x 4 Roetes
Gesondheids Spa Voëlkyk
Restaurante Seiljagvaart
Boogskiet
Hengel
Wildbesigtigingsritte
Wildbesigtiging(Selfbestuur)
Perdry
Jag
Natuurreservaat met piekniek
Verfskiet
Vierwielmotorfietsroetes