Paros

Paros - Enkel Kamer

Paros word beskou as een van die mooiste eilande. Dit het pragtige landskappe, goue strande met helder water, klein tradisionele wit dorpies met blokhuise, visserhawens, kerke en argeologiese besienswaardighede. Een van die beroemdste kerke in Griekeland is op Paros naamlik: Die kerk van Panagia Ekatonpiliani. (Ons Dame van Honderde Hekke). Die kerk word beskou as wonderbaarlik.

 

 

Santorini

Santorini - Dubbel Kamer

Dit is die mees suiidelike eiland van die Ciklade groep in die Egeese see. Die eiland is deel van 'n vulkaniese groep wat 'n groot kaldera omring. Die vulkaniese aktiwiteite van Santorini het bygedra tot sommige van die unieke Griekse strande. Sandkleure soos rooi en swart karakteriseer sommige van die strand. Die vulkaniese ryk grond dra ook by tot die produksie van goeie wyne en die plaaslike produkte is die kern van die eiland se bydrae tot die Griekse disse.

 

 

Kofru

Corfu - Familie Kamer

Die eiland is baie groen en baie verskillende beskawings het al hier deur beweeg op verskillende tye. Corfu word gekenmerk deur nou stegies, hoë huise, arkades, blomgevulde tuine en balkonne met gietyster heinings en ook argitektoniese wonders. Die eiland het 3 miljoen olyfbome en 'n blombedekte platteland met dorpies in die Adriatiese argitektoniese styl. Dit het 'n pragtige natuurskone kus. Op die metroploitaanse eiland sal jy in staat wees om volkome uit te rus en ontspan.

 

 

Kefalonia

Kefalonia - Dubbel Kamer

Kefalonia is tussen Lefkada en Zakynthos. Die eiland het baie mooi strande met fyn sand en turkoois, helder waters wat kenmerkend is van die gebied.Die baie ander eienskappe sluit in prentjiesmooi dorpies, sy Nasionale Park op die hoogste berg, Berg Ainos, waarop 'n skaars spesie van dennebos groei en ook pragtige natuurskoon.

 

 

Mykonos

Mykonos - Dubbel Kamer

Mykonos is die belangrikste eiland in Griekeland. Dit is 'n pragtige voorbeeld van die unieke cikladiese agritektuur wat in die hawens van die vissersdorpies gevind word. Heeltemal witgewaste organiese blokhuisies l dig teen mekaar om 'n toevallige effek van smal stegies en strate te vorm. Die aardse kleure van die kaal heuwels wat die dorpies se glinsterende witheid omring l tussen die ongelooflike blou lug en nog dieperblou glinsterende see.

 

 

Lefkas - Dubbelkamer

Die eiland en omringende gebied bied 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite aan soos seiljag, branderplankry, skubaduik, fietsry, voetslaanpaaie en ou argeologiese plekke. Die eiland behou sy antrekkingskrag a.g.v. streng bouregulasies wat nie hoë boustrukture toelaat nie. Weg van die gewone bekende gebiede word daar nog dorpies gevind waar kliphuise gerestoureer word en die Griekse karakter weerspiel.

 

 

Zante - Wittebrood Suite

Zante (Zakynthos) is die suidelike en die 3de grootste eiland wat aan die Ioniese eilandgroep behoort. Die eiland is welbekend vir sy goue strande en massiewe rotskussteen ook digte plantegroei. Die Caretta-Caretta skilpad broei in die suidelike gedeelte van die eiland. Hulle is 'n raar spesie en word deur wetgewing beskerm.